2010-4-28
Cheetahs kies Basson
Bjorn Basson in aksie vir die Cheetahs - Foto: Backpagepix

Die Griekwas se Bjorn Basson sal Saterdag op vleuel vir die Cheetahs teen die Blues op Vodacompark uitdraf in die plek van Danwel Demas, wat uit die 22-tal weggelaat is.

Basson het hom voor die oorsese toer om persoonlike redes aan die toergroep onttrek maar met swak vertonings en beserings wat die span die laaste paar weke teister, was die Vrystaters genoop om Basson nader te trek. Hy was een van die uitstaanspelers vir die Griekwas in die Vodacombeker.

Die besering aan Adriaan Strauss is ‘n groot terugslag vir die Blikore terwyl WP Nel ook langs die kantlyn sit met ‘n beseerde enkel. Frans Viljoen maak egter ‘n welkome terugkeer en so ook Waltie Vermeulen en Riaan Viljoen, wat albei op die bank ingesluit is. Viljoen is terug in Davon Raubenheimer se plek.

Die Blues het vyf wedstryde agtereenvolgens verloor en gaan nie maklike teenstanders wees nie.

Cheetahs vs. Blues: Hennie Daniller; Bjorn Basson, Corné Uys, Meyer Bosman, Jongi Nokwe; Naas Olivier, Sarel Pretorius; Frans Viljoen, Juan Smith ©, Hendro Scholtz, Barend Pieterse, Izak van der Westhuizen, WP Nel, Ryno Barnes, Wian du Preez. Reserwes: Skipper Badenhorst, Coenie Oosthuizen, Waltie Vermeulen, Philip van der Walt, Tewis de Bruyn, Riaan Viljoen, Robert Ebersohn.