2010-7-20
PW teen Kings
PW van Vuuren N1

Die Griffons se Verenigde Nasies groei weekliks en nog twee Cheetahs, ‘n Puma en ‘n Matie begin Vrydag in die nuwe Nelson Mandela-stadion teen die Oostelike Provinsie Kings.

Die slot David de Villiers en die haker PW van Vuuren begin saam met hul Cheetah-spanmaats Rudi Mathee en Johan Wessels teen die Olifante terwyl Charl Weideman die kaptein Thabang Molefe vervang.

Die Puma Hendrik van der Nest is die nuwe skrumskakel en Enrico Schwartz skuif af bank toe. Schwartz en die haker Derick van Heerden is die twee plaaslike spelers wat ongelukkig is om nie in die beginspan te wees nie.

Die Griffons moes egter JW Jonker se plek vul en het op Jaco Meyer besluit terwyl hulle True Blue Smit in hul midde gehad het. Jonker is op ‘n gereedheidsgrondslag indien die Cheetahs se Meyer Bosman nie fiks is nie.

Die Griffons sal deur die buitesenter Werner Griesel aangevoer word en Eddie Fredericks word deur Darryl Coeries vervang.

Van Vuuren begin in die middel van die Griffons skrum en met baldraers soos hy en Mathee, en lynstaanopsies soos Windpomp van Rooyen, De Villiers en Mathee kan die Kings onttroon word.

Domkrag Mathee het hoeka vir die OP Cravenweekrugby gespeel en is na die legendariese Frans Erasmus vernoem.

Griffons vs. Olifante: Jiffy Lamprecht; Jaco Meyer, Werner Griesel ©, Charl Weideman, Darryl Coeries; Jannie Myburgh, Hendrik van der Nest; Willie Brits, Rudi Mathee, Johan Wessels, David de Villiers, Windpomp van Rooyen, Sarel Louw, PW van Vuuren, Petros Methula. Reserwes: Derick van Heerden, Gert Greyling, Kevin Stevens, Marnes Briedenhann, Joubert Horn, Enrico Schultz, Tertius Maarman.