2010-6-22
 Rene Ranger Aksie teen Leeus Die nuweling Rene Ranger is op die All Blacks se bank met die tiener Zac Guildford in die veteraan Joe Rokocoko se plek vir Saterdag se tweede toets teen Wallis in Hamilton.
Die All Black-keurders het die beseerde Israel Dagg met die ervare Mils Muliaina en die buitesenter Conrad Smith met Richard Kahui vervang.
Voor is die slot Anthony Boric, wat ‘n wangbeen beseer het, met Tom Donnely, wat pas van ‘n kuitbesering herstel het, vervang. Dagg het harsingskudding en Smith het ‘n oogbesering.
Die veterane Tony Woodcock en Neemia Tialata vervang die Franks-broers in ‘n baie ervare voorry en Jerome Kaino is terug aan die kant van die skrum ten koste van Victor Vito.
Ranger se eksplosiwiteit en veelsydigheid het in sy guns getel bo Rokocoko.
*Indien Daniel Carter nie ‘n fiksheidstoets slaag nie sal die jong Aaron Cruden in sy eerste toets begin.
All Blacks vs. Wallis: Mils Muliaina (82); Cory Jane (14), Richard Kahui (9), Benson Stanley (2), Zac Guildford (3); Daniel Carter (68), Jimmy Cowan (35); Kieran Read (18), Richie McCaw © (82), Jerome Kaino (26), Tom Donnelly (6), Brad Thorn (39), Neemia Tialata (42), Keven Mealamu (73), Tony Woodcock (62). Reserwes: Aled de Malmanche (4), Owen Franks (11), Sam Whitelock (2), Adam Thomson (16), Piri Weepu (36), Aaron Cruden (2), Rene Ranger.
|