2010-7-7
 Juan Smith teen die Stormers Foto: Backpagepics Die Springbokflank Juan Smith is Saterdag in Bloemfontein terug in die tuig in die Blikore se eerste Curriebekerwedstryd van die jaar teen die Westelike Provinsie.
Smith begin van die bank af in ‘n span wat deur sy mede-Springbokflank Hendro Scholtz aangevoer word en sy insluiting gee die Vrystaters ‘n groot voordeel terwyl die ander spanne sonder hul ‘Bokke moet klaarkom.
Die Cheetahs draf ook met die senter Philip Snyman as vleuel teen die WP uit en Louis Strydom en Tewis de Bruyn begin soos verwag word as skakelpaar.
Die haker in Adriaan Strauss se afwesigheid is Skipper Badenhorst en Isak van der Westhuizen en Waltie Vermeulen is die beginslotte terwyl die flank Francois Uys sal instaan indien nodig.
*Die Westelike Provinsie het die veteraanvleuel Frikkie Welsh in hul span ingesluit vir die stryd in Bloemfontein. Welsh vervang die jong Marcel Brache in die enigste verandering aan die span wat die Griffons geklop het.
Die spanne:
Cheetahs: Hennie Daniller; Philip Snyman, Robert Ebersohn, Meyer Bosman, Jongi Nokwe; Louis Strydom, Tewis de Bruyn; Ashley Johnson, Francois Uys, Hendro Scholtz ©, Waltie Vermeulen, Isak van der Westhuizen, WP Nel, Skipper Badenhorst, Coenie Oosthuizen. Reserwes: PW van Vuuren, Kobus Calldo, Juan Smith, Kabamba Floors, Tertius Carse, Sias Ebersohn, Corné Uys.
WP: Conrad Jantjes; Frikkie Welsh, Tim Whitehead, Paul Bosch, Fabian Juries; Willem de Waal, Dewaldt Duvenage; Duane Vermeulen, Rynardt Elstadt, Pieter Louw, Anton van Zyl ©, Adriaan Fondse, Brock Harris, Tiaan Liebenberg, Baba Blaauw. Reserwes: Deon Fourie, JD Moller, JC Kritzinger, Martin Muller, Pieter Myburgh, Conrad Hoffmann, Lionel Cronjé. |